Die Stories Van Bof Jan

GEDROOGDE VRUGTE

deur Simon J Tatt

Hier vertel ek nou die storie van die Vrystaat aartappel boer, Stiempie Jan en sy jong seun, Bof Jan.

Elke drie maande vat Stiempie `n spitgraaf en `n vurk en opgrawe hy sy aartappels. “Haal hulle uit die grond uit.” Sê die ou boer.

Hy voel dat as `n mens met die groente praat, groei hulle veels beter. Hier volg die storie dat Bof vir die groente vertel het, om hulle lekker te laat voel en so, beter te laat groei.

“My paaaa het in die Tweede Wereld Oorlog in Belgie geveg. Hy was `n skutter en sy beste vriend was sy vuurwapen, Papa Groetjie. Pa het baie stories vir ons vertel van hy en Papa Groetjie. Ek sal nou vir julle ou aartappels een van daai stories herhaal.

Dit was baie koud en reenirig in die woude diep in die Belgie se hinterland. Papa Groetjie het lekker teen die stam van `n  ou akker boom gerus. Pa het rond hom gekyk en gesien hoe die ander soldaate moeilikheid gemaak het met Hitler se vertroubare soldaatjies. Hulle het in Afrikaans hard gesing, die vyand het nie daarvan gehou nie.

Die Duitses het lekker warm nazi klere om te dra en so veel pap om te eet dat hulle, as gevolg daarvan, was baie sterk en kon mooi reguit kak. Nie soos Pa se kompanie, hulle moes sukkel om reg te kak want hulle het net gedroogte pere om te eet. Hulle kon net spuit-poep.

Die 8de Groep Panzer Afdeling was nou op pad na die Belgie se woud en sou, waarskynlik, my Pa se groep soldate plat gery het.

Pa het mooi vir sy koeël geweer gekyk en daar, stilletjies, effentjies het hy gesien diep in Papa Groetjie se loop sit die antwoord. Pa het gefluit vir sy maatjies en vir hulle sy plan vertel.

Die eerste vyf pantserwaens het stadig nader gerammel, hul groot agt-en-tagtig millimeter lope gemuk op die arme soldaatjies diep in die bome. Pa het self die eerste beweging gemaak. Hy het stilletjies agter op die eerste tenk gespring en sy broeke rond sy enkels laat val. Die ander soldate het die selfde gedoen op die ander vier panzer tenke.

  Pa het dan so goed soos wat hy kan met sy kaal gat gemuk en `n lang stroom spuit-poep laat uitskiet op die torinkie bo op die tenk. Die erg stroom kak het binne in die panzer gelek en vir die bemanning `n groot stinkpot voorgestel.

Die ander vier tenke was nou presies in die selfde moelike posisie. Verder, het die ys koue weer die deur bo op die torinkie vas bevries en die arme Duitse bemanning was nou in `n vanghok van spuit-poep hel. Die Duitses het ontmiddelik tou opgegee en van hulle  tenke uitgespring en so vinnig as wat hulle kan, terug gehardloop grens toe.

Pa en sy hele afdeling het medaljes gekry vir hul dapperheid. My Pa het mooi vir Papa Groetjie gesorg, hy het lekker vir die ou wapen skoon gemaak en`n nuwe platriem terugsit.”

Bof Jan het nou toe opgestaan en die betowerde aartappels terug in hul grond gaatjies geplaas. Pa Stiempie het die grond oor hulle terug gesit en vir sy broeke `n bietjie hoe optrek. Hy het die vurk en graaf vir Bof gegee en dan van sy sak `n lekker stuk half-gekoude gedroogde peer uitgehaal. Toe stap hulle al twee plaashuis toe.

 DIE EINDE

Die Stories Van Bof Jan “Gedroogde Vrugte”  is copyrighted to the author, Simon J Tatt. No persons may reproduce any part of the story in any way for the purposes of financial gain or for any other reasons without the express permission of Simon J Tatt. Law 6785/67 of the Writers Code 2009 protects the above mentioned work and any infringement thereof will result in a fine of $20 000 and/or a jail term of between 5 and 7 years.

Advertisements

~ by Simon Tatt on February 22, 2010.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: