Die Stories Van Bof Jan

DIE TREKKER

010310

Deur Simon J Tatt

Bof Jan het vroeg opgestaan daai oggend en vir homself `n lekker groot bord pap gemaak. Hy wou gedroogde pere bo op laat gooi om die kos lekker gaar te maak maar hy het hard daaroor gedink en besluit dis eintlik nie `n gooie idee nie want sy pa het jare terug `n klein voorval gehad ….. met gedroogde vrugte.

Die son was nie eers op toe hoor Bof Jan vir sy pa se stem. “Waars jy nou jou ou gedoodelde dingus!” Somtyds het Pa Stiempie woorde uit die lug gepluk en hul vir sy seun laat plat gooi.

“Aaaai Pa! Ek kom nou. Ek maak net my bord skoon dan is ek daar met die vurk en die spit graaf.” Bof was gewoond om alles op die plaas met dié twee implemente reg te maak.

“Los die graaf ou kanooinkie en kom hier na my toe met `n groot dosis spoed!”

Pa Stiempie was nie baie geduldig nie en sy ou oorlog wonde het hom vroeg oggend `n bietjie gepla.

Stiempie Jan se jong seun het hard gewerk op hul Vrystaat aartappel plaas en een dag sal Bof seker die hele gedoente homself bestuur.

Stiempie wou nou `n groot stuk aartappel grond met die trekker oorwerk. Dis eintlik `n groot ingewikkelde job maar hy wou vir Bof `n kans gee om sy waarde te bewys.

Bof het agter die stuurwiel geklim en vir die ou rooi 1945 John Deere trekker in rat gesit.  Hy`t voet gegee en vas gehou met sy haandjies mooi reg op die wiel.

Die trekker was met `n bom in die laaste dae van die oorlog getref, en as gevolg daarvan, het die voorwiele nie mooi merkbaar gewerk. As jy links wil stuur, draai `n mens die wiel na die regte kant toe.

Die trekker het voort gespring en ontmiddelik was Bof op die verkeerde kant van stabiliteit. Onthou, daar is nie sitplek gordels op `n John Deere nie.

Die Jan Familie se hond het op daai oomblik besluit om agter die trekker te jaag.

Stootels, `n swart-en-wit skaaphondjie het vinnig agter die rooi 1945 John Deere gehardloop en geblaf, “woof woof woof”. Bof het oor sy linker skouer vir die hond geskree, “Voetsek jou ou doring, los die blerrie trekker uit!” Die beweeging het sy hande laat glip op die wiel en die trekker het regs geduik en oor `n groot stuk gedroogde vark drol gery.

Die John Deere het gebuk en vir Bof hoog in die lug laat skiet. Pa Stiempie het sy oë toe gemaak. `n Gelyd soos dié van `n sterwende buffel het stadig van sy mond begin uitlek.

Bof het op die grond gelê en met wonderheid die toneel voor hom sien laat uitspeel.

Die rooi 1945 John Deere was nou sonder `n drywer en was op pad direk na die skaap hok. Bof het opgestaan en so vinnig as wat hy kan, agterna die trekker gevlieg. Die hondjie was nou agterop Bof se hakke. Pa Stiempie het `n megafoon van sy hande gemaak en hard geskree in Bof se rigting, “Hardloop soos `n kudu met `n vlam in sy gat jou ou gekniffelde piesang!”

  Die woorde was net uit Stiempie se lippe toe duik Bof voerentoe soos `n losskakel, en sy kop op die grond voor die trekker se linker voorwiel laat vaswig.

Ontmiddelik het die trekker stilgehou. Die hond het vinnig rond gedraai en met sy stert tussen sy agter bene weggejaag.

Stiempie Jan was gou op die toneel en het ontmiddelik die masjien afgeskakel.

Die stilte het soos pofkoring om hulle rondgefladder.

Bof het opgestaan en sy seer kop gevrywe.

“Ek is baie jammer Pa. Die stuurwiel werk nie mooi nie.” Bof het vir sy pa gekyk en `n klein moesie van nattigheid het oor sy skoot gesproie. Stiempie Jan het sy hande oor sy gesig gehou en stilletjies gebid vir `n seun wat nie stukkend is.

DIE EINDE

This Silly Short Story entitled Die Stories Van Bof Jan “DIE TREKKER” is copyrighted to the author, Simon J Tatt. No persons may reproduce any part of the story in any way for the purposes of financial gain or for any other reasons without the express permission of Simon J Tatt. Law 6785/67 of the Writers Code 2009 protects the above mentioned work and any infringement thereof will result in a fine of $20 000 and/or a jail term of between 5 and 7 years.

Advertisements

~ by Simon Tatt on March 1, 2010.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: