Die Stories Van Bof Jan

DIE GROOT LES

Deur Simon J Tatt

“Wat verdompel jy daar rond soos `n parakeet met `n pap wiel!?” Skreeu Stiempie vir sy seun. “Jy moet daai kant mik …..nie nie nie, nie met jou kop nie jou ou stewelagtige visselvaatjie! Met die geweer! ……Alle wereld!” Bof se pa het sy hande in sy sak gesit en hemel toe gekyk.

Meneer Jan wou vir sy jong seun probeer leer hoe om `n geweer reg te skiet. Bof het baie van sy pa se stories gehoor en hy wou graag reguit skiet soos die ou soldate wat diep in die Belgie se woude geveg het, al daai jare terug.

Pa Stiempie het besluit hy sal vir sy seun se les, Papa Groetjie gebruik. Papa Groetjie was ou man Stiempie se vertroubare ou loopgeweer wat sy lewe `n paar keer gered het, terug in die dae van die Tweede Wereld Oorlog.

Bof het met sy voetjies mooi langs mekaar regop gestaan en die stert van die geweer diep in sy skouer gedruk. Hy het mooi versigtig op die teiken gekorrel doer aan die ander kant van die aartappel veld, omtrent twee honderd meter van sy posisie af. Bof het diep in geasem en stadig die sneller begin trek.

Presies op daai oomblik het Bof se ma probeer om die agter deur van die plaashuis oop te maak. Sy wou eiers gaan haal by die hoenderhok. Sy het die deur hard gestoot. Die laaste keer wat die skaniere olie gekry het was seker die dag van Jesus se Verysenis.

Druppels sweet het op Bof se voorkop geform. Hy`t geweet sy pa sal nie vir hom `n tweede kans gee om vir ou Papa Groetjie se koue staal in sy hande te laat voel….dit was nou of nooit nie.

Sy vinger het amper die sneller heelwat terug getrek toe maak Mevrou Jan – `Saartjie` in Pa Stiempie se oë – die agterdeur heelwat oop om die eiers te gaan haal. Die geraas van die vas gerooste skaniere het vir  Bof groot laat skrik. Hy het ontmiddelik konsentrasie verloor en al die opleiding wat sy pa vir hom geleer het, totaal vergeet.

Die geweer het hoog opgeskop en die blaas van die skoot het vir die stille Vrystaat oggend laat oop skuur, soos `n krokodil se gaap.

Op die ander kant van die aartappel veld het Klammetjie, `n afgetrefde Kaapse Klops, se leer hoed van sy grys kop af gevlieg. `n Perfekte rond gaatjie reg deur. Dit was Klammetjie se job om die rooi vlag bo te hou terwyl skietery op die gang was en hy het altyd nie ver van die teiken gestaan want gewoonlik, was daar geen gevaar nie want Pa Stiempie het altyd reguit geskiet. Maar dié keer het Klammetjie amper sy kop verloor!

Hy was sewentig jaar oud en sy dae van gesig verf, raasery en baljaar op die straate van Kaapstad was nou oor. Hy was meer gewoond deesdae aan die stille lewe hier op die plaas. Hy`t geweet hy was nou `n waardedige lid van die Jan Familie.

Sy ou bene het nou ingesak van die skok van die koeël-tref terwyl sy ou leer hoedjie agter hom in die blare tot stilstand gekom het.

Bof het gedink hy het die arme ou afgetrefde Kaapse Klops dood geskiet. Hy`t ontmiddelik vir Papa Groetjie neer gegooi en begin hardloop reg oor die nuwe geplantende aartappels, na die ingesakte ou man op die ander kant van die veld. “Ek is jammer Klammetjie ou doring!” Skreeu Bof, terwyl hy hardloop. “Ek sal nooit weer met Papa Groetjie gesels, ek belowe jou!” Bof was nou weg oor die veld, sy voetjies het aartappels oorals laat sproei. Al Pa Stiempie se harde werk oor die laaste week om die groente mooi reguit te plant, was nou ou nuus.

Stiempie Jan het sy vertroubare ou geweer van die grond opgetel en versigtig vir die wapen af gevee, met sy neus lappie. Hy het vir homself mooi gedink …`Aaaai! Wat het ek ooit in my lewe gedoen om so `n seun te verdien? Hy was lief vir Bof maar die dag se les was hard vir almal. Saartjie Jan het haar kop uit die kombuis venster geleun en vir die klein wolk stof agter haar seun, ver in die distansie, lang gekyk en ook vir haarself gewonder … `Aaaai! …`n dogter `n dogter, ek het mooi vir `n dogter gebid.` Sy was ook lief vir Bof maar sy het alreeds sy slaapkamer pienk geverf terwyl sy sewentien jaar terug swanger was.

Bof het vir Klammetjie gehulp om op  te staan en hulle het saam terug huis toe gestap. Bof het gevoel dat daar iets nie reg is nie, diep in sy broeke.

DIE EINDE

This Silly Short Story entitled “Die Stories Van Bof Jan -DIE GROOT LES” is copyrighted to the author, Simon J Tatt. No persons may reproduce any part of the story in any way for the purposes of financial gain or for any other reasons without the express permission of Simon J Tatt. Law 6785/67 of the Writers Code 2009 protects the above mentioned work and any infringement thereof will result in a fine of $20 000 and/or a jail term of between 5 and 7 years.

Advertisements

~ by Simon Tatt on March 4, 2010.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: