Die Stories Van Bof Jan

VAKANSIE BY DIE SEE

090310

Deur Simon J Tatt

Pa Stiempie het die rooi trekker voor die plaashuis geparkeer en die wa agter vas gemaak. Die tenk was vol diesel en die groot agter wiele was hard gepomp. Die ou 1945 John Deere het baie myle onder sy bande geeis en dié reis sal seker sy laaste wees.

Die res van die familie het hul bagasie agter op die wa gelaai, Mev Jan het een groot bed uit al die komberse gemaak. Hulle sal seker lekker gemaklik wees vir die lang pad voor.

Pa Stiempie het `n week tevore besluit dat hy die hele familie sou kus toe vervoer. Hulle sal die sonskyn en sand geniet by die Kaapse strande. Hulle is oppad Waenhuiskraans toe.

Bof was baie opgewonde en het vir hul skaap-hondjie Stootels, `n groot soen gegee, op die neus. Kammetjie, die plaas hulp het vir Bof gewaarsku van die gevaar van kieme en dan sy leer hoedjie agter op die wa geslinger. Saartjie Jan het haar seun gewys waar om te sit en Kammertjie, saam met die hond, het heel agter `n nes gemaak. `n Groot boks biltong en `n fyftig liter drom water sal die familie se honger en dors weg hou. Bof het sy gunstelinge groente ook saam gevat, `n groot bos wortels.

Pa Stiempie het uitgewerk dit sal vir hulle amper tien dae vat om by Waenhuiskrans uit te kom en as gevolg daarvan, moet hulle `n emmer en seep saam vat sodat Saartjie die klere kan was. Die strykyster was ook saam.

Stiempie het die sleutel van die masjien gedraai en die ou rooi John Deere het voort gespring. Hy`t geweet hy moet op die linker kant van die stuurwiel trek om regs te draai en vice versa. Die ou trekker se hoogste spoed was dertig myl per uur. Dit gaan `n lang pad wees vir hulle almal. “Hou vas Bof! Soos `n skilpad op `n skaatsplank jou ou gedoointjie!” Stiempie het omgedraai om seker te maak dat sy seun die woorde mooi gehoor het. Hulle was nou oppad!

Die eerste fyf honderd kilometers was die ergste…..Bof se pa het vergeet om vierde rat te gebruik…die ou trekker het hard beklei daaroor.

Uiteindelik, na nege en `n half dae van trekker vervoer het hulle opgedaag by die gastehuis langs Waenhuiskrans se strand. Pa Stiempie se armpies was seer en moeg van die bestuurdery.

Die son het helder geskyn, die diep blou Indiese Oseaan het mooi geblink en gewippel. Die lawaai van die pikkewyne was dik in die rondte. Kammertjie het vir Saartjie gehulp om die wa te ontlaai, sy ou bruin leer hoetjie terug gestoot op sy grys kop.

Bof het die strykyster bord van agter op die wa gevat en ontmiddelik water toe gehardloop, Stootels die hond vinnig op sy spore. Die eerste brander het vir Bof lelik geklap, die bord het opgeskop en sy neus gebreek. “Goeie genaade!” Pa stiempie se woorde was gou op die ligte windjie weg gewaai. Bof het my sy hande oor sy gesig stadig terug gestap, sand en snot oorals. Die bloed het van tussen sy vingers stilletjies uitgelek.

 “Jammer Pa …die see is gevaarlik!”  Bof het stokstil gestaan soos `n eekhoring sonder `n toebroodjie. Pa Stiempie het lang vir sy seun gestaar en `n gelyd soos dié van `n gesmoorde vis arend het van die ou man se lippe uitgespoel. Hy`t sy seun agter op die trekker gesit vir die lang pad Groote Schuur Hospitaal toe. Twee van die pikkewyne wat naaby was, het in die water gespring en was besig om die strykyster bord as `n duikperron te gebruik. Die moeg rooi trekker het gebewer, en dan stadig-stadig Kaap toe vertrek…. Stiempie Jan het nog gesukkel om daai vierde rat te kry.  

DIE EINDE

This Silly Short Story entitled Die Stories Van Bof Jan “Vakansie By Die See” is copyrighted to the author, Simon J Tatt. No persons may reproduce any part of the story in any way for the purposes of financial gain or for any other reasons without the express permission of Simon J Tatt. Law 6785/67 of the Writers Code 2009 protects the above mentioned work and any infringement thereof will result in a fine of $20 000 and/or a jail term of between 5 and 7 years.

Advertisements

~ by Simon Tatt on March 11, 2010.

One Response to “Die Stories Van Bof Jan”

  1. baie geleer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: