Die Stories Van Bof Jan

DIE KONING

1652120310

Deur Simon J Tatt

Bof Jan het voor die spieël in sy slaapkamer gestaan en besluit hy wil soos Elvis sing. Hy het sy gunsteling groente as `n mikrofoon gebruik  – `n wortel – en die sonbrille is uit `n Lucky Packet dat sy ma, Saartjie, vir hom gekoop het `n paar maande terug.

Die groot jong plaas seun het duisende fotos van ou nuusblaadjies en tydskrifte uitgeknip en op sy kamer se mure geplak. Die Koning van `Rock `n Roll` kyk af van die mure na Bof, sy spuur wit pak met blinkende juwiele wat gee vir hom `n houding soos dié van `n engel.

Bof het die klank hard op gedraai op sy ou rekord speler en die stem van Elvis het mooi die hele slaapkamer vol gewaffel. Bof het diep in die spieël vir homself gestaar en sy gat `n bietjie geroer. Hy het die boordjie op sy pa se wit Sondag hemp hoog op gedraai en met die wortel amper op sy lippe, die woorde van “Burning Love” uit geblaas, in tyd met die stereo. Sy linker been het gebewe soos Stootels se agter been as jy hom in die regter plek kielie. Stootels is die familie se swart-en-wit skaap hond.

Die lawaai binne Bof se kamer het seker vir Pa Stiempie `n bietjie geskud want hy het haastig binne sy seun se oop venster ingeloor om te sien wat die duiwel aangaan. Al wat hy sien is Bof se rug met sy groot gat wat bewe en skud soos `n Royal jelly wat vars uit die yskas gehaal is. Sy armpies het rond geklep soos die vlerke van `n volstruis wat probeer om `n wyfie volstruis te beindruk.

“Wat die duiwel gaan hier aan!? Wat skree jy soos `n bosvark sonder sy padkos!?” Pa Stiempie het `n harde stem, soos dié van `n renoster met `n papsnoek in sy broek en sy woorde sny reg deur enige situasie. Ontmiddelik het Bof groot geskrik en amper die hele wortel-mikrofoon ingesluk. Hy`t gou omgedraai en vir sy pa se rooi gesig helder gesien. “Oooh Pa! Ek gaan die nuwe Koning van Rock `n Roll wees, ek gaan vir al die tannies by die oute huis sing en dans!” Bof het amper oorgeval van opgewondenheid, sy voete was nog diep in die bewerasie modus, sy armpies was dik in die swaai en hy`t vir `n oomblik gelyk as of hy `n hart aanfal sou opdoen. Elvis se stem het nog hard van die stereo uitgespeel en Pa Stiempie se renoster stem het wel gedoen om Bof se oore te binnedring.

“Los die shenannigans UIT!! Jou gedriewede blesterkoekie! Staan stil! sit die nonsense af by die volume knoppie en gaan help vir jou ma om koeksusters te maak……NOU!!……ROER JOU GAT!!………maar nie soos Elvis nie.” Pa Stiempie het genoeg ervaring van spulletjies vir een dag.

Bof het sy kamer deur toe gesluit en vir Elvis nog harder laat speel. Dié keer het hy die oranje mikrofoon in die helfde gebyt. Ouers! Wat weet hulle?!

DIE EINDE

  This Silly Short Story entitled “Die Stories Van Bof Jan – Die Koning” is copyrighted to the author, Simon J Tatt. No persons may reproduce any part of the story in any way for the purposes of financial gain or for any other reasons without the express permission of Simon J Tatt. Law 6785/67 of the Writers Code 2009 protects the above mentioned work and any infringement thereof will result in a fine of $20 000 and/or a jail term of between 5 and 7 years.

Advertisements

~ by Simon Tatt on March 12, 2010.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: